19
‘‘(1) Die Owerheid moet ’n Klagtes- en Nakomingskomitee instel wat
uit hoogstens sewe lede bestaan, aangestel vir ’n ampstermyn van drie
jaar wat slegs vir ’n enkele bykomende termyn hernu kan word, en
waarvan een ’n raadslid moet wees.’’;
(b) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
5
‘‘(1A) Die Owerheid moet een van die lede in subartikel (1) beoog as
voorsitter van die Klagtes- en Nakomingskomitee aanstel.’’; en
(c) deur paragraaf (b) in subartikel (4) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(b) verbind wees tot die werksaamhede en werk van die Klagtes- en
Nakomingskomitee en die oogmerke van hierdie Wet en die 10
onderliggende wette en moet nie handel of optree op ’n wyse wat
daardie werksaamhede, werk of oogmerke ondermyn nie;’’.
Wysiging van artikel 17C van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 19 van
Wet 3 van 2006
23. Artikel 17C van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die
volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) (a) ’n Persoon wat rede het om te glo dat ’n lisensiehouer of ander persoon
skuldig is aan nienakoming van—
(i) die bedinge en voorwaardes van [sy] ’n lisensie [of van];
(ii) hierdie Wet; of
(iii) die onderliggende wette,
kan ’n klag by die Owerheid indien binne 60 dae nadat hy of sy bewus geword het
van die beweerde nienakoming.
(b) Die Owerheid [moet] kan—
(i) waar die klagte ’n lisensiehouer aangaan, die [klag] klagte binne 30 dae van
ontvangs van die klagte aan die Klagtes- en Nakomingskomitee rig vir
oorweging;
(ii) waar die klagte ’n persoon aangaan wat nie ’n lisensiehouer is nie, ’n klagte
teen daardie persoon by die gepaste owerheid of instelling aanhangig maak
of die aangeleentheid na die gepaste owerheid of instelling verwys
ingevolge die konkurrente regsbevoegdheidsooreenkoms wat tussen die
Owerheid en daardie owerheid of instelling aangegaan is binne 30 dae van
ontvangs van die klagte; of
(iii) die klagte ondersoek soos in artikel 4(3)(n) beoog.’’.
15
20
25
30
Wysiging van artikel 17F van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 19 van 35
Wet 3 van 2006
24. Artikel 17F van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) Die Owerheid moet toepaslik gekwalifiseerde inspekteurs aanstel
om die werksaamhede te verrig waarvoor in hierdie Wet voorsiening
gemaak word en kan enige sodanige aanstelling op goeie gronde
beëindig.’’; en
(b) deur subartikel (5) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(5) ’n Inspekteur moet, wanneer deur die Raad opdrag gegee om dit
te doen—
(a) nakoming deur lisensiehouers van lisensiebedinge en -voorwaardes
en -vrystellings moniteer;
(b) nakoming deur lisensiehouers van die bepalings van hierdie Wet en
die onderliggende wette moniteer;
(c) ondersoek instel na en ’n evaluering doen van enige beweerde of
vermoedelike—
(i) nienakoming deur ’n lisensiehouer van sy lisensiebedinge
en -voorwaardes, -vrystelling, en bepalings van hierdie Wet
of die onderliggende wette;
(ii) verbreking deur ’n lisensiehouer van ’n ooreenkoms tussen
sodanige lisensiehouer en sy intekenaars;
40
45
50
55