21
(iii) versuim om ’n elektroniese kommunikasiediens te verskaf
wat die lisensiehouer verplig is om te verskaf kragtens die
bedinge van sy lisensie of lisensievrystelling, of ingevolge
hierdie Wet of die onderliggende wette; of
(iv) nienakoming van die Wet of die onderliggende wette;
5
(d) alle nienakomingsaangeleenthede na die Klagtes- en Nakomingskomitee vir
oorweging verwys waar ’n inspekteur bepaal dat ’n lisensiehouer nie die
bedinge en voorwaardes van sy lisensie, -vrystelling, die bepalings van
hierdie Wet of die onderliggende wette nagekom het nie, of versuim het om
uitsaai- of elektroniese kommunikasiedienste of posdienste te lewer;
10
(e) alle klagtes na die Klagtes- en Nakomingskomitee verwys vir oorweging
[nadat ’n ondersoek na die klag uitgevoer is];
(f) voor die Klagtes- en Nakomingskomitee verskyn wanneer aldus versoek deur
sodanige komitee; en
(g) met wetstoepassingsbeamptes saamwerk wanneer sy of haar werksaamhede 15
verrig word.’’.
Wysiging van artikel 17G van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 19 van
Wet 3 van 2006
25. Artikel 17G van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) Die Strafproseswet, 1977 (Wet No. 51 van 1977), is met die
[nodige] veranderinge soos deur die konteks vereis van toepassing op
betredings, deursoekings en beslagleggings deur inspekteurs ingevolge
hierdie Wet.’’;
(b) deur in subartikel (2) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die
volgende woorde te vervang:
‘‘ ’n Inspekteur ingevolge artikel 17F aangestel kan, ten einde sy of haar
werksaamhede ingevolge hierdie Wet of die onderliggende wette te
verrig, op enige redelike tyd, sonder voorafkennisgewing en op gesag
van ’n lasbrief uitgereik ingevolge subartikel (4) enige perseel betree en,
sonder om geweld of dwang te gebruik—’’;
(c) deur paragraaf (a) in subaritkel (2) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) die lewering eis ter inspeksie van ’n lisensie of enige ander
dokument uitgereik ingevolge die onderliggende wette;’’;
(d) deur paragraaf (d) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(d) enige radio-apparaat, ateljee, aanleg, senders, apparaat, ander
toerusting of ander uitsaai-, elektroniese kommunikasie- of
posdiensfasiliteit op die perseel inspekteer;’’;
(e) deur die woord ‘‘en’’ aan die einde van subartikel 2(f) in te voeg;
(f) deur paragraaf (g) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(g) vir verdere ondersoek beslag lê op of in veilige bewaring neem
enige dokument of ding wat betrekking het of direk betrekking kan
hê op die beweerde nienakoming of ander handeling bedoel in
artikel 17F op sodanige perseel.’’;
(g) deur paragraaf (a) in subartikel (4) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) ’n Landdros of regter kan, op versoek van ’n inspekteur, maar
behoudens subartikel (b), ’n lasbrief aan sodanige inspekteur
uitreik.’’;
(h) deur in subartikel (4)(b) die woord ‘‘en’’ aan die einde van subparagraaf (i) te
skrap, die uitdrukking ‘‘; en’’ aan die einde van subparagraaf (ii) in te voeg en
die volgende subparagraaf by te voeg:
‘‘(iii) deurslaggewend in die ondersoek deur die inspekteur is.’’; en
(i) deur die volgende subartikel by te voeg:
‘‘(8) Die inspekteur moet, op versoek van die Klagte- en
Nakomingskomitee, en in die loop van die aanhoor van ’n klagte of
geskil, enige dokument of ding wat ingevolge hierdie artikel verkry of op
beslag gelê is, aan die Klagte- en Nakomingskomitee verskaf.’’.
20
25
30
35
40
45
50
55